Hernubare energie-opwekking in SA styg 280% sedert 2015

Loading player...
Die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad sê die opwekking van hernubare energie van Suid-Afrika se Hernubare Energieverkrygingsprogram van Onafhanklike Kragprodusente het met 280 persent sedert 2015 toegeneem. Die program, wat in 2010 van stapel gestuur is, was 'n belangrike katalisator om die privaatsektor in die hernubare energiemark betrokke te maak. Sipho Mdhluli van die WNNR sê die sonkragkapasiteit wat op dakke geïnstalleer is, het 6 800 megawatt in die eerste helfte van hierdie jaar bereik, vergeleke met 5 600 megawatt in die eerste helfte van 2024:
30 Sep 2025 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

BKS lei na verbod op Botswana gesplete hoef-diere, produkte

Die veeartsenydepartement het ‘n verbod op die invoer van gesplete hoef-diere en hul produkte uit Botswana aangekondig, na bek-en-klouseer in die land bevestig is. Die produkte sluit in dié vir persoonlike of huishoudelike gebruik. Die verbod het onmiddellik in werking getree. Die landbouministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, verduidelik.
12 Mar 8AM 1 min

Uitspraak voorbehou in AfriForum se matriekuitslag-saak

Die Hooggeregshof in Pretoria het uitspraak voorbehou oor die Inligtingsreguleerder se aansoek om verlof tot appèl teen die uitspraak wat toelaat dat matriekuitslae gepubliseer word. Die hof het voorheen bevind die gebruik van eksamennommers beskerm leerders se privaatheid en dien ook die openbare belang. Alana Bailey van AfriForum sê hulle…
12 Mar 8AM 1 min

Eerste millimeter-golflengte radioteleskoop in Afrika op pad na Namibië

Namibië sal Afrika se eerste millimeter-golflengte radioteleskoop huisves nadat 'n kontrak onderteken is om met die konstruksie van die Africa Millimeter Telescope te begin, wat deel sal vorm van die globale Event Horizon Telescope-netwerk. Die teleskoop sal naby die HESS-sterrewag by Gamsberg gebou word. Die ligging bied hoë hoogte, 'n…
12 Mar 7AM 1 min

Begroting moet meer aan landbou, ontwikkeling toewys: Venaani

Die parlement debatteer steeds die 2026/27-begroting en PDM-president McHenry Venaani het dit as herhalend en stagnant beskryf. Hy sê hoewel maatskaplike besteding belangrik is, moet die regering kyk na meer ontwikkelingsbesteding as dit werkloosheid wil aanspreek. Venaani sê die landbousektor speel 'n sentrale rol en moet meer aandag kry.
12 Mar 7AM 1 min