Woensdag Oggenddiens - Prof Pieter Verster

Loading player...
GALASIËRS 5

Die Gees van God en ons sondige natuur
13Julle, broers, julle is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as 'n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde. 14Die hele wet word in hierdie een gebod saamgevat: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” 15Maar julle byt en verskeur mekaar; pas op dat julle mekaar nie later heeltemal verslind nie.
16Wat ek bedoel, is dít: Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheers word, dan sal julle nooit swig voor begeertes van julle sondige natuur nie. 17Wat ons sondige natuur begeer, is in stryd met wat die Gees wil, en wat die Gees wil, is in stryd met wat ons sondige natuur begeer. Hierdie twee staan lynreg teenoor mekaar, en daarom kan julle nie doen wat julle graag wil nie. 18Maar as julle julle deur die Gees laat lei, staan julle nie meer onder die wet nie.
19Die praktyke van die sondige natuur is algemeen bekend: onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, 20afgodsdiens, towery, vyandskap, haat, naywer, woede, rusies, verdeeldheid, skeuring, 2
16 Sep 2025 11PM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Maandag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

GENESIS 1 God se skeppingswerk 1In die begin het God die hemel en die aarde geskep. 2Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef. 3Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig…
28 Jun 11PM 10 min

Sondagaand Erediens - Past Marius Jacobs

JEREMIA 29 4So sê Ek, die Here die Almagtige, die God van Israel, vir al die ballinge wat Ek uit Jerusalem in ballingskap na Babel toe weggevoer het: 5Bou vir julle huise en bewoon dit, lê tuine aan en eet die opbrengs daarvan, 6trou en bring kinders in die wêreld,…
28 Jun 10AM 24 min

Sondagoggend Erediens - Past Marius Jacobs

LUKAS 8 Gelykenis van die saaier (Matt. 13:1-9; Mark. 4:1-9) 4Uit die verskillende dorpe het aanhoudend mense na Jesus toe gestroom, en toe 'n groot menigte saamgekom het, het Hy vir hulle 'n gelykenis vertel: 5“'n Saaier het uitgegaan om saad te saai. Met die saai het 'n deel op…
28 Jun 12AM 30 min

Vrydag Oggenddiens - Past Marius Jacobs

RIGTERS 1 Die verowering van die land 1Na die dood van Josua het die Israeliete die Here geraadpleeg. Hulle het gevra: “Wie van ons moet eerste teen die Kanaäniete gaan veg?” 2Die Here het geantwoord: “Juda moet gaan. Ek gee die land oor in sy mag.” 3Toe sê Juda vir…
25 Jun 11PM 19 min