#ALT-Fokus – Dapper Muis | 24 Julie

Loading player...
Hierdie week sit Venita ’n nuwe alternatiewe band op jou radar. ’n Band wat gevorm het soos meeste van die ‘classic bands’ op universiteit – by ’n koshuis. Barco is die stem agter die groep Dapper Muis se liedjies en hy gesels met Venita oor wat die band se planne is vorentoe en hoe hulle balans vind tussen studies en musiek maak. Hy gesels ook oor hulle enkelsnit – Dans.
24 Jul 2025 English South Africa Music · Music Interviews

Other recent episodes

#WeeksdaeVibesMetVenita - Emmi | 25 Junie

Emmi het op #WeeksdaeVibes met Venita kom kuier en gesels oor haar derde pop-enkelsnit, Wat Gaan Gebeur. Sy vertel meer oor die storie agter die lied — daardie “wat as?”-oomblik wanneer jy wonder of jy die sprong moet neem en om ’n kans te vat.
25 Jun 21 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Aidan Kade | 24 Junie

Aidan Kade het op #WeeksdaeVibes met Venita kom kuier en gesels oor hul emosionele nuwe enkelsnit, Hoor Jy My? Hulle gesels meer oor die emosie agter die musiek en hoe mens soms net die behoefte het om werklik gehoor te word.
24 Jun 21 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Sasha Burn | 23 Junie

Venita gesels met Sasha Burn oor haar splinternuwe enkelsnit ONE. Sy vertel hoe hierdie liedjie gaan oorliefde, verlange en daardie groot “wat as?”-vrae wat ons almal soms ronddra.
23 Jun 9 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Manfred Zipfel | 22 Junie 

Manfred Zipfel het onlangs sy nuutste enkelsnit, Colours of the Earth, vrygestel – ’n kragtige en emosionele liedjie met ’n belangrike boodskap oor ons verhouding met die aarde en die verantwoordelikheid wat ons dra om dit te beskerm. Hy gesels met Venita oor hierdie enkelsnit en deel meer oor sy…
22 Jun 15 min

#WeeksdaeVIbesMetVenita - Carley | 18 Junie 

Carley het by Venita kom kuier om te gesels oor nuwe musiek - WAG VIR JOU. Sy vertel meer hoe sy na matriek balans gaan vind tussen haar studies en liefde vir musiek en wat haar droom vir haar loopbaan is.
18 Jun 28 min