Vrydag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

Loading player...
MATTHÉÜS 2

Die wyse manne uit die Ooste.
1EN toe Jesus te Betlehem in Judéa gebore is, in die dae van koning Herodes, het daar wyse manne uit die Ooste in Jerusalem aangekom
2en gesê: Waar is die Koning van die Jode, wat gebore is? Want ons het sy ster in die Ooste gesien en gekom om Hom hulde te bewys.
3En toe koning Herodes dit hoor, was hy ontsteld en die hele Jerusalem saam met hom;
4en hy het al die owerpriesters en die skrifgeleerdes van die volk bymekaar laat kom en by hulle navraag gedoen waar die Christus gebore sou word.
16Toe Herodes sien dat hy deur die wyse manne mislei was, het hy baie woedend geword en gestuur en in Betlehem en in al die omstreke daarvan al die seuntjies van twee jaar en daaronder laat ombring, ooreenkomstig die tyd wat hy van die wyse manne uitgevra het.
19 Dec 2024 10PM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Maandag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

GENESIS 1 God se skeppingswerk 1In die begin het God die hemel en die aarde geskep. 2Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef. 3Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig…
28 Jun 11PM 10 min

Sondagaand Erediens - Past Marius Jacobs

JEREMIA 29 4So sê Ek, die Here die Almagtige, die God van Israel, vir al die ballinge wat Ek uit Jerusalem in ballingskap na Babel toe weggevoer het: 5Bou vir julle huise en bewoon dit, lê tuine aan en eet die opbrengs daarvan, 6trou en bring kinders in die wêreld,…
28 Jun 10AM 24 min

Sondagoggend Erediens - Past Marius Jacobs

LUKAS 8 Gelykenis van die saaier (Matt. 13:1-9; Mark. 4:1-9) 4Uit die verskillende dorpe het aanhoudend mense na Jesus toe gestroom, en toe 'n groot menigte saamgekom het, het Hy vir hulle 'n gelykenis vertel: 5“'n Saaier het uitgegaan om saad te saai. Met die saai het 'n deel op…
28 Jun 12AM 30 min

Vrydag Oggenddiens - Past Marius Jacobs

RIGTERS 1 Die verowering van die land 1Na die dood van Josua het die Israeliete die Here geraadpleeg. Hulle het gevra: “Wie van ons moet eerste teen die Kanaäniete gaan veg?” 2Die Here het geantwoord: “Juda moet gaan. Ek gee die land oor in sy mag.” 3Toe sê Juda vir…
25 Jun 11PM 19 min