Sondagaand Erediens - Ds Dirk Meijer

Loading player...
PSALMS 31
My tye is in u hand
1Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid.
2By U, Here, skuil ek.
Laat my tog nooit teleurgestel staan nie!
Bevry my, want U is getrou.
3Luister na my, red my tog gou.
Wees vir my 'n rots om na toe te vlug,
'n bergvesting om my te red.
4Ja, U is my rots en my bergvesting,
ter wille van u Naam sal U my voorgaan en my lei.
5Bevry my uit die vangnet wat hulle vir my gestel het,
want U is my toevlug.
6In u hande gee ek my lewe oor,
want, Here, troue God, U het my vrygemaak.
7Ek haat mense wat waarde heg aan die nikswerd afgode;
my vertroue stel ek in die Here.
8Ek wil jubel en juig oor u troue liefde:
U was nie onverskillig teenoor my ellende nie;
U het die bedreiging van my lewe raakgesien
9en my nie aan die mag van die vyand oorgelewer nie;
U het my 'n veilige staanplek gegee.
10Wees my genadig, Here, want ek is in die nood;
van verdriet het my oë swak geword,
ja, alles in my.
11My lewe vergaan van kommer
en my jare van swaarkry;
deur my ellende word my krag geknak
en teer my liggaam uit.
12Ek is die spot van al my teëstanders,
veral van my bure,
'n verskrikking vir al my bekendes.
Dié wat my op straat sien, vlug vir my.
13Ek is vergeet soos iemand wat lankal dood is,
ek het geword soos 'n ding wat lê en vergaan.
14Ek hoor dreigemente van baie;
dit dreig van alle kante af.
Baie span teen my saam
en smee planne om my lewe te neem.
15Maar ek vertrou op U, Here,
ek sê: U is my God.
16My tye is in u hand.
Red my uit die hande van my vyande en vervolgers!
17Verskyn tog tot my redding,
red my deur u onfeilbare liefde.
18Here, laat my nie teleurgestel staan in my verwagting as ek U aanroep nie.
Laat die goddelose teleurgestel staan in hulle verwagting,
laat hulle die stilte van die doderyk ingaan.
19Bring die leuenaars tot swye,
dié wat vol is van hulleself en in hoogmoed en veragting teen die regverdige praat.
20Hoe groot is u goedheid:
dit is altyd daar vir dié wat U dien,
U bewys dit voor die oë van die mense aan dié wat by U skuil.
21Deur u teenwoordigheid beskerm U hulle teen die sameswering van mense.
U steek hulle weg vir dié wat vir hulle beskuldig.
22Aan die Here kom die lof toe,
want Hy het sy trou op wonderbaarlike wyse aan my betoon toe ek beleër was.
23Ek het in my angs gedink:
Dit is klaar met my, selfs U het my verwerp.
Tog, U het geluister na my gesmeek
toe ek na U om hulp geroep het.
24Betuig julle liefde vir Hom,
julle almal wat die guns van die Here geniet.
Die Here beskerm dié wat aan Hom getrou is,
maar dié wat teen Hom opstandig is,
straf Hy swaar.
25Wees dus sterk en hou goeie moed,
julle almal wat julle vertroue in die Here stel.
29 Sep 2024 10AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Maandag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

GENESIS 1 God se skeppingswerk 1In die begin het God die hemel en die aarde geskep. 2Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef. 3Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig…
28 Jun 11PM 10 min

Sondagaand Erediens - Past Marius Jacobs

JEREMIA 29 4So sê Ek, die Here die Almagtige, die God van Israel, vir al die ballinge wat Ek uit Jerusalem in ballingskap na Babel toe weggevoer het: 5Bou vir julle huise en bewoon dit, lê tuine aan en eet die opbrengs daarvan, 6trou en bring kinders in die wêreld,…
28 Jun 10AM 24 min

Sondagoggend Erediens - Past Marius Jacobs

LUKAS 8 Gelykenis van die saaier (Matt. 13:1-9; Mark. 4:1-9) 4Uit die verskillende dorpe het aanhoudend mense na Jesus toe gestroom, en toe 'n groot menigte saamgekom het, het Hy vir hulle 'n gelykenis vertel: 5“'n Saaier het uitgegaan om saad te saai. Met die saai het 'n deel op…
28 Jun 12AM 30 min

Vrydag Oggenddiens - Past Marius Jacobs

RIGTERS 1 Die verowering van die land 1Na die dood van Josua het die Israeliete die Here geraadpleeg. Hulle het gevra: “Wie van ons moet eerste teen die Kanaäniete gaan veg?” 2Die Here het geantwoord: “Juda moet gaan. Ek gee die land oor in sy mag.” 3Toe sê Juda vir…
25 Jun 11PM 19 min