Sondagoggend Erediens - Ds Johan Marais

Loading player...
MARKUS 2

Jesus roep vir Levi, die tollenaar
(Matt. 9:9-13; Luk. 5:27-32)
13Jesus het weer na die see toe gegaan. 'n Hele menigte mense het na Hom toe gekom, en Hy het hulle geleer. 14Toe Hy by die tolhuis verbygaan, sien Hy vir Levi seun van Alfeus daar sit, en Hy sê vir hom: “Volg My!”
Levi het opgestaan en Hom gevolg.
15Daarna het Jesus in Levi se huis gaan eet. Baie tollenaars en sondaars was saam met Hom en sy dissipels aan tafel, want daar was baie van hulle wat Hom gereeld gevolg het. 16Toe die skrifgeleerdes onder die Fariseërs sien dat Hy saam met sondaars en tollenaars eet, het hulle vir sy dissipels gesê: “Waarom eet hy saam met tollenaars en sondaars?”
17Jesus het dit gehoor en Hy sê vir hulle: “Dié wat gesond is, het nie 'n dokter nodig nie, maar dié wat siek is. Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars.”
8 Sep 2024 12AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Maandag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

GENESIS 1 God se skeppingswerk 1In die begin het God die hemel en die aarde geskep. 2Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef. 3Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig…
28 Jun 11PM 10 min

Sondagaand Erediens - Past Marius Jacobs

JEREMIA 29 4So sê Ek, die Here die Almagtige, die God van Israel, vir al die ballinge wat Ek uit Jerusalem in ballingskap na Babel toe weggevoer het: 5Bou vir julle huise en bewoon dit, lê tuine aan en eet die opbrengs daarvan, 6trou en bring kinders in die wêreld,…
28 Jun 10AM 24 min

Sondagoggend Erediens - Past Marius Jacobs

LUKAS 8 Gelykenis van die saaier (Matt. 13:1-9; Mark. 4:1-9) 4Uit die verskillende dorpe het aanhoudend mense na Jesus toe gestroom, en toe 'n groot menigte saamgekom het, het Hy vir hulle 'n gelykenis vertel: 5“'n Saaier het uitgegaan om saad te saai. Met die saai het 'n deel op…
28 Jun 12AM 30 min

Vrydag Oggenddiens - Past Marius Jacobs

RIGTERS 1 Die verowering van die land 1Na die dood van Josua het die Israeliete die Here geraadpleeg. Hulle het gevra: “Wie van ons moet eerste teen die Kanaäniete gaan veg?” 2Die Here het geantwoord: “Juda moet gaan. Ek gee die land oor in sy mag.” 3Toe sê Juda vir…
25 Jun 11PM 19 min