Saterdag Oggenddiens - Johannes de Waal

Loading player...
JESAJA 5
7Die wingerd van die Here die Almagtige,
die wingerd wat Hy geplant het en waarin Hy Hom wou verlustig,
is die Israeliete, die volk van Juda.
Die Here het verwag dat daar reg sou wees,
maar daar was net onreg,
dat daar geregtigheid sou wees,
maar daar was net die hulpgeroep van veronregtes.
11Ellende wag vir dié wat vroeg in die môre opstaan
om agter sterk drank aan te loop
en hulle tot laataand dronk te drink aan wyn.
12Daar is liere en harpe,
tamboeryne, fluite, en wyn by hulle fuifpartye.
Maar van wat die Here doen, neem hulle geen notisie nie,
sy dade sien hulle nie raak nie.
13Omdat my volk My nie wil ken nie,
sal hulle in ballingskap weggevoer word.
Volk en leiers sal saam van honger sterf,
omkom van dors.
14Die doderyk maak sy keel wyd oop vir hulle,
hy sper sy bek groot oop.
Daarin sak die vooraanstaandes en die gewone burgers weg,
die hele rumoerige gepeupel.
15So word mense verneder
en kom hulle tot 'n val.
So kom hoogmoed tot 'n val.
16Die Here die Almagtige is verhewe,
Hy laat reg geskied;
die heilige God laat Hom ken as die Heilige,
Hy oordeel regverdig.
17Op die puinhope sal lammers wei
asof hulle op hulle eie weiveld is,
skape sal rustig daar vreet.
18Ellende wag vir dié wat hulle deur afgodsdiens
vaswoel in die bande van ongeregtigheid,
wat verstrik raak in die kettings van sonde.
19Hulle sê: “Hy moet gou maak,
Hy moet sy werk gou doen dat ons dit kan sien!
Wat die Heilige van Israel wil doen,
moet gou gebeur dat ons dit kan weet.”
20Ellende wag vir dié wat sleg goed noem en goed sleg,
wat van duisternis lig maak en van lig duisternis,
wat bitter soet noem en soet bitter.
21Ellende wag vir dié wat dink hulle het die wysheid in pag,
wat dink hulle het baie verstand.
22Ellende wag vir dié wat helde is by wyndrinkery,
dapper by die meng van hulle drank,
23wat die skuldige vryspreek vir omkoopgeld,
maar 'n onskuldige sy reg ontneem.
2 Aug 2024 11PM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Maandag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

GENESIS 1 God se skeppingswerk 1In die begin het God die hemel en die aarde geskep. 2Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef. 3Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig…
28 Jun 11PM 10 min

Sondagaand Erediens - Past Marius Jacobs

JEREMIA 29 4So sê Ek, die Here die Almagtige, die God van Israel, vir al die ballinge wat Ek uit Jerusalem in ballingskap na Babel toe weggevoer het: 5Bou vir julle huise en bewoon dit, lê tuine aan en eet die opbrengs daarvan, 6trou en bring kinders in die wêreld,…
28 Jun 10AM 24 min

Sondagoggend Erediens - Past Marius Jacobs

LUKAS 8 Gelykenis van die saaier (Matt. 13:1-9; Mark. 4:1-9) 4Uit die verskillende dorpe het aanhoudend mense na Jesus toe gestroom, en toe 'n groot menigte saamgekom het, het Hy vir hulle 'n gelykenis vertel: 5“'n Saaier het uitgegaan om saad te saai. Met die saai het 'n deel op…
28 Jun 12AM 30 min

Vrydag Oggenddiens - Past Marius Jacobs

RIGTERS 1 Die verowering van die land 1Na die dood van Josua het die Israeliete die Here geraadpleeg. Hulle het gevra: “Wie van ons moet eerste teen die Kanaäniete gaan veg?” 2Die Here het geantwoord: “Juda moet gaan. Ek gee die land oor in sy mag.” 3Toe sê Juda vir…
25 Jun 11PM 19 min