Dinsdag Oggenddiens - Dr Enrico Casaleggio

Loading player...
DEUTERONOMIUM 32

9Hulle is die Here se volk, sy deel,
Jakob is die Here se vaste eiendom.
10Hy het sy volk in die woestyn gevind,
in 'n onbewoonbare land waar woestyndiere skreeu.
Die Here het sy volk omhels, hom vertroetel
en versorg soos die appel van sy oog.
11Soos 'n arend wat sy kleintjies uit die nes uitskop,
oor hulle fladder en hulle vang
op sy vlerke wat hy oopsprei,
soos 'n arend wat sy kuikens op sy vlerke dra,
12so het die Here, net Hy alleen, sy volk gelei;
daar was nie 'n ander god by Hom nie.
13Die Here het sy volk die land in besit laat neem,
en hom laat eet van die opbrengs van die lande,
hom heuning uit klipskeure laat geniet,
olie uit harde klip,
14botter uit die beestrop, melk van die kleinvee,
vet lammers, skaapramme en bokramme uit Basan,
die beste koring;
die wyn wat jy drink, kom uit die beste druiwe.
1 Jan 2024 10PM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Maandag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

GENESIS 1 God se skeppingswerk 1In die begin het God die hemel en die aarde geskep. 2Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef. 3Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig…
28 Jun 11PM 10 min

Sondagaand Erediens - Past Marius Jacobs

JEREMIA 29 4So sê Ek, die Here die Almagtige, die God van Israel, vir al die ballinge wat Ek uit Jerusalem in ballingskap na Babel toe weggevoer het: 5Bou vir julle huise en bewoon dit, lê tuine aan en eet die opbrengs daarvan, 6trou en bring kinders in die wêreld,…
28 Jun 10AM 24 min

Sondagoggend Erediens - Past Marius Jacobs

LUKAS 8 Gelykenis van die saaier (Matt. 13:1-9; Mark. 4:1-9) 4Uit die verskillende dorpe het aanhoudend mense na Jesus toe gestroom, en toe 'n groot menigte saamgekom het, het Hy vir hulle 'n gelykenis vertel: 5“'n Saaier het uitgegaan om saad te saai. Met die saai het 'n deel op…
28 Jun 12AM 30 min

Vrydag Oggenddiens - Past Marius Jacobs

RIGTERS 1 Die verowering van die land 1Na die dood van Josua het die Israeliete die Here geraadpleeg. Hulle het gevra: “Wie van ons moet eerste teen die Kanaäniete gaan veg?” 2Die Here het geantwoord: “Juda moet gaan. Ek gee die land oor in sy mag.” 3Toe sê Juda vir…
25 Jun 11PM 19 min