Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
680 – 700

Dwelmbeslagleggings maak SA-beamptes siek

Adjudant-offisier Karl Sander van die Valke in KwaZulu-Natal het voor die Madlanga-kommissie getuig dampe van groot hoeveelhede gekonfiskeerde Mandrax-tablette kan ernstige gesondheidsgevare inhou. Sander verduidelik polisiebewyssakke word gemaak van materiaal met fyn gaatjies wat moontlik dampe kan vrystel. Hy sê beamptes en doeanebeamptes wat betrokke was by 'n groot dwelmbeslaglegging…
1 Jun 11PM 1 min

Bafana vertrek sonder hulpafrigter

Bafana Bafana het gister sonder hul hulpafrigter, Helkman Mkhalele, na hul Wêreldbeker-oefenbasis in Pachuca, Mexiko, vertrek. Hy wag steeds vir die verwerking van sy visum deur die Amerikaanse ambassade. Die groep sou oorspronklik Sondag vertrek, maar is teruggehou deur 'n vertraging in die verkryging van visums wat deur die Suid-Afrikaanse…
1 Jun 10PM 1 min

N$818m vir Ebola-entstof

Die Coalition for Epidemic Preparedness Innovations het sowat 818 miljoen Namibiese dollar aan die farmaseutiese maatskappy, Moderna, en twee ander groepe bewillig. Die doel is om vinnig ʼn entstof te ontwikkel teen die Bundibugyo-stam van die Ebola-virus, wat deur die Demokratiese Republiek die Kongo en Uganda woed. Die uitbreking het…
1 Jun 10PM 1 min

CAN se appelprojek sluit einde Junie

Die Kankervereniging van Namibië se bestellings vir die Bank Windhoek Appel-projek sluit einde Junie. Die projek is ter ondersteuning van die vereniging se nasionale kankerveldtog, 'n program vir finansiële bystand vir pasiënte, en die Kinders veg teen Kinderkanker, of Chica-program. Rolf Hansen, CAN se uitvoerende hoof gee meer inligting.
1 Jun 10PM 1 min

Boontjie-planne vir Omaheke: Daar's 'n rede hoekom dit 'Cattle Country' is

Landboukenner Wallie Roux het die langtermyn-lewensvatbaarheid van die eerste minister se beplande sojaboon- en grondboontjieproduksieprojek op 95 hektaar in die Omaheke-streek bevraagteken. Terwyl hy die fokus op landbouproduksie en waardetoevoeging verwelkom, sê Roux dat die belangrikste vrae steeds bly of die grondgehalte die onderneming kan ondersteun en of voldoende markvraag…
1 Jun 9PM 1 min

Aus-vlaktes in kleur getooi

Dele van die woestyn in die Suide is tans in blomme geklee. Na welkome reën is die vlaktes rondom Aus in kleur getooi met 'n vars tapyt van pers sporries, of Heliophila deserticola. Die publiek word uitgenooi om dit self te gaan ervaar. Kosmos 94.1 Nuus het met Piet Swiegers,…
1 Jun 9PM 1 min

Steenhuisen kondig openbare-privaat model vir BKS

Landbouminister John Steenhuisen sê 'n nuwe openbare-privaat biosekerheidsmodel sal bekendgestel word om langtermynbeheer van bek-en-klouseer te versterk. Steenhuisen sê die regering vorder goed in sy stryd teen die siekte, met 13,5-miljoen entstofdosisse wat verkry is en byna 4,4-miljoen diere wat reeds ingeënt is. Hy voeg by meer entstofdosisse het intussen…
1 Jun 8PM 1 min

Iran skort gesprekke met VSA op

Iran het vredesonderhandelinge met die VSA opgeskort in protes teen die Amerika-gesteunde Israel se offensief in Libanon, berig CNN. Die Iranse minister van buitelandse sake, Abbas Araghchi, sê "ondubbelsinnige skending van die wapenstilstand op een front is 'n skending van die wapenstilstand op alle fronte", en Amerika en Israel sal…
1 Jun 8PM 1 min

Gautengse polisie vind R3 miljoen se tik

Die Gautengse polisie het 'n 35-jarige man in Diepsloot in hegtenis geneem na 'n intelligensie-gedrewe operasie deur die Teen-Narkotika-Misdaadintelligensie-eenheid en ander belanghebbendes. Woordvoerder Dimakatso Nevhuhulwi sê beamptes het ongeveer tien kilogram crystal meth, of tik, met 'n geraamde straatwaarde van drie-miljoen Suid-Afrikaanse rand onder 'n matras in 'n woning gevind…
1 Jun 8AM 1 min

Kuba se gesondheidsdiens op rand van ineenstorting

Kuba se eens ikoniese en gevierde gesondheidstelsel is besig om in duie te stort. Die land se gesondheidsdiens is nou onder erge druk ná jare van wanbestuur en Amerikaanse sanksies, en Amerikaanse president Donald Trump se olie-embargo het die probleem tot 'n spits gedryf. Chris Sabatini van die Koninklike Instituut…
1 Jun 8AM 1 min

Unam-studente moet nóú vir Nsfaf-hulp aansoek doen

Meer as 6 000 studente aan die Universiteit van Namibië loop die risiko om finansiële bystand mis te loop namate die Namibiese Studente Finansiële Bystandsfonds voorberei om sy aansoekvenster vir befondsing te sluit. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê die universiteitswoordvoerder, Simon Namesho, dat studente wat reeds vir…
1 Jun 7AM 1 min

Registrasie van nie-SA voertuie wat na SA reis het begin

Die tydelike registrasie van nie-Suid-Afrikaanse voertuie wat van SACU-lande afkomstig is en wat daardie land binnegaan, het vandag in werking getree. Die proses word deur die Suid Afrikaanse Inkomstediens geïmplementeer. Die ses maande lange permit kan aanlyn of by die grens verkry word. Kosmos 94.1 Nuus het met Leodolf Swanepoel…
1 Jun 7AM 1 min

Eerste direkte Zürich-Windhoek Edelweiss-vlug land vanaand

Die eerste langverwagte Edelweiss-vlug wat Zürich en Windhoek verbind, land vanaand. Dit bring die totale vlugte deur die Lufthansa-groep se Edelweiss en Discover rederye op 13 weekliks te staan. Die groep sal meer as 152 000 jaarlikse sitplekke bydra, wat Namibië se posisie as 'n belangrike toegangspunt tot Europese markte…
1 Jun 7AM 1 min

Hou op grafiese beeldmateriaal op aanlyn versprei

Die speaker van die Johannesburgse raad, Margaret Arnolds, is bekommerd oor die voortgesette verspreiding van grafiese beeldmateriaal van gewelddadige voorvalle op sosiale media. Foto's van die naweek se moord op drie mense in Eldoradopark is op platforms gedeel. Arnolds se woordvoerder, Vusi Gumbi, sê voorvalle van geweldsmisdaad berokken steeds emosionele…
1 Jun 6AM 1 min

Bibi beveel aanvalle op Dahiyeh in Beiroet

Die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, het aanvalle op die Dahiyeh-voorstad in Beiroet beveel. Dit is 'n vesting van die Irans-gesteunde militante Hizbollah in die Libanese hoofstad. Netanyahu sê dit is weens Hizbollah se herhaalde skendings van die skietstilstand en aanvalle op Israelse stede en burgers. Israel het aanvalle op…
1 Jun 6AM 1 min

GIPF herwin N$18,6 miljoen van korrupte oud-werkers

Die Regeringsinstellings Pensioenfonds sê dat hy suksesvol 18,6 miljoen Namibiese dollar van twee voormalige werknemers wat van bedrog beskuldig is, verhaal het. Dit kom nadat die hof Martin Smith en Vabiola Aoses gelas het om die geld terug te betaal met rente van 20 persent per jaar, tesame met regskoste…
1 Jun 5AM 1 min

Phala Phala ampsklagkomitee 'moet die waarheid nastreef'

DA-leier Geordin Hill-Lewis sê die parlement se ampsklagkomitee moet die waarheid sonder aansien des persoons nastreef. In 'n onderhoud met SABC Nuus het Hill-Lewis gesê die proses gaan oor die beskerming van die waardes van aanspreeklikheid, etiek en eerlikheid in die regering eerder as enige individu of administrasie. Hy het…
1 Jun 5AM 1 min

Konferensie van Linkses beywer hom vir armes, werkers

Konferensie van Linkse Organisasies het 'n geskiedkundige verklaring aangeneem wat deelnemende instellings verbind om die georganiseerde mag van die werkersklas en die armes te herbou. Die konferensie het politieke partye, vakbonde, studente-organisasies, geloofs- en godsdienstige instellings en tradisionele leierskapstrukture byeengebring. Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party se hoofsekretaris, Solly Mapaila, sê die…
1 Jun 3AM 1 min

Powell veroordeel politieke inmenging

Die voormalige voorsitter van die Amerikaanse Federale Reserweraad Jerome Powell het demokratiese instellings verdedig tydens 'n toespraak by die John F. Kennedy Presidensiële Biblioteek en Museum in Boston. Hy het 'n toekenning ontvang het ter ere van sy pogings om die sentrale bank se onafhanklikheid te bewaar. Hy sê politiek…
1 Jun 3AM 1 min
680 – 700