Reaksie stroom in na prokureur Kadhila Amoomo se voorstel dat die regering 'n maandelikse toelaag van 350 Namibiese dollar per kind moet verskaf aan Angolese kinders wat houtprodukte op plaaslike strate verkoop. Kosmos 94.1 Nuus het met voormalige Ombudsman John Walters gepraat, wat beklemtoon dat die regering se primêre verantwoordelikheid…
Reinhardt Küsters, 'n inwoner van 'n afgeleë landelike gebied, ry elke dag 10 kilometer om toegang tot die internet te kry. Hy sê hierdie probleem raak duisende Namibiërs wat daagliks van onderwys, ekonomiese geleenthede en noodsaaklike dienste afgesny word. Küsters doen 'n dringende beroep op die inligtingministerie en Cran om…
Eskom sê sy agterstallige forensiese ondersoekprojek vorder nadat 'n tender uitgereik is vir spesialisondersoekers vanaf 1 September. Dit kom te midde van onreëlmatige dieselverkrygingskontrakte ter waarde van miljarde, en verliese weens spookverkope, wat die kragvoorsiener meer as 20-miljard Suid-Afrikaanse rand oor drie jaar gekos het. Eskom-woordvoerder Daphne Mokwena sê die…
Woede in Brittanje na die dood van die 18-jarige Henry Nowak, wat deur die polisie geboei is terwyl hy besig was om aan meswonde te beswyk, kring steeds uit. Sy moordenaar, 'n Sikh-man, het valslik aan polisie gesê dat Nowak 'n rassistiese aanval op hom geloods het. Daar word beweer…
Die polisie het hul soektog na twee oorblywende ontsnaptes wat vermoedelik in besit is van 'n Namibiese polisie AK-47-geweer en 'n dienspistool, verskerp na die dramatiese ontsnapping uit die Onandjamba-polisieselle verlede week. Omusati-streekbevelvoerder, kommissaris Ismael Basson, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat polisiebeamptes op die grond bly en dag…
Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Willie Aucamp, verwelkom die inhegtenisnemings van twee verdagtes in Mosambiek in verband met die moord op die Suid-Afrikaanse toeriste, Dina en Ernst Marais, in die Krugerwildtuin in Limpopo. Die verdagtes is aangekeer danksy samewerking tussen Mosambiekse ondersoekbeamptes, bewaringsvennote en veldwagters. Aucamp sê…
Die Namibiese Akkerbouraad het die grensbeheer vir invoere van vrugte en groente vir Junie vrygestel. Die raad open en sluit die grense om plaaslike produsente en kleinhandelaars te ondersteun. Kosmos 941. Nuus het met die woordvoerder van die raad, Liseli Mwilima gepraat.
'n Paar maande nadat dit ter tafel gelê is, is die nasionale begroting vir 2026/27 amptelik in die Staatskoerant gepubliseer, wat 'n verhoging in die maandelikse staatspensioen van 1 600 Namibiese dollar tot 1 700 dollar bevestig. Die aanpassing van 100 dollar is nou suksesvol geïmplementeer en sal terugwerkend vanaf…
Veilingspryse het die afgelope tyd redelik stabiel gebly en die speenkalfseisoen is ook op hande, met die verwagting dat die pryse tussen 48 en 50 Namibiese dollar per kilogram sal beloop. Kosmos 94.1 Nuus het met die Lewendehawe- en Lewendehawe-produkteraad se bemarkingsbestuurder, Desmond Cloete, gepraat vir ‘n oorsig oor die…
Die Wet op die Ontbinding van Huwelike 2024 is vandag van krag en meer inligting is bekend. Regter-president Petrus Damaseb sê dat die nuwe wet “onherstelbare verbrokkeling” as die enigste wettige gronde vir egskeiding bevestig, wat die noodsaaklikheid om blaamwaardigheid, egbreuk of verlating te bewys, uitskakel. Kosmos 94.1 Nuus het…
Die Vryheidsfront Plus sê die voortgesette verspreiding van bek-en-klouseer in Gauteng en die feit dat baie vee in die provinsie nie gereguleer of geregistreer nie, plaas die provinsie se landbousektor in ernstige gevaar. Die regering wil teen die einde van die jaar 80-persent van Suid-Afrika se nasionale kudde inent. Jaco…
Die Wêreld-weerkundige Organisasie sê daar is 'n 80-persent kans dat El Niño vanaf hierdie maand tot Augustus sal voorkom, en 'n bykans 90-persent waarskynlikheid dit tot November sal voortduur. Die gereelde opwarming van seeoppervlak-temperature in die Stille Oseaan lei gewoonlik tot uiterste weerstoestande en wisselvallige reënvalpatrone. Die Verenigde Nasies se…
Die Nasionale Vergadering het vandag onderhoude begin vir twee kommissarisposte van die Verkiesingskommissie van Namibië, aangesien die termyne van die huidige voorsitter Elsie Nghikembua en kommissaris Emerencia Leonard op 15 September verstryk. Vier kandidate is in die stryd, met Lidwina Shapwa, lid van die Staatsdienskommissie, wat bevestig dat geen besware…
Die DA in Gauteng sê leerders en onderwysers by Randfontein Secondary en Toekomsrus Primary aan die Wes-Rand word steeds blootgestel aan onveilige asbes-skoolgeboue wat ernstige gesondheidsrisiko's inhou. Die party beweer ten spyte van regeringsbeloftes en miljoene wat aan opgraderings bestee is, bestaan gevaarlike toestande steeds, insluitend beskadigde strukture, onvolledige herstelwerk…
Amerika se minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, sê wanfunksionering in Iran se regime vertraag die proses om ʼn moontlike ooreenkoms te bereik. Voortslepende botsings tussen Israel en Hisbolla dreig om onderhandelings tussen Amerika en Iran te ontspoor. Iran het gister Amerikaanse basisse in die streek en ʼn vaartuig naby…
Voorbereidings is aan die gang vir die tweede Jeug in Olie en Gas-beraad later hierdie maand in Walvisbaai. Die tema sal wees "Drilling into the Future: Empowering Youth in Namibia’s Oil & Gas Revolution". Die beraad is oorspronklik gestig deur die jong leier Justina Erastus. Erastus het die belangrikheid van…
Suid-Afrikaanse koringboere staar toenemende finansiële druk in die gesig namate die konflik met Iran wêreldwye brandstof- en kunsmismarkte ontwrig. Met diesel- en kunsmispryse wat styg, waarsku produsente dat krimpende winste sommige plase tot die rand van die afgrond kan dryf. Sommige boere beplan volgens berigte om glad nie te plant…
3 Jun 3AM
1 min
620 – 640
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.